Hierdie blad, van bo na onder: Sarah Mbamba beman die Earthquake Lounge, Andara; Die vulstasie in Divundu; Olifante langs die Kavangorivier.
Oorkant, kloksgewys van links bo: Daleen Katjire werk by die Peculiar Take-Away, Divundu; Kapande Kandere stamp graan fyn naby Divundu; Bernadette Mashika en Morongana Anastasia bestuur ’n bakkery op die dorpie Shinyungwe naby Shamvura Camp; ’n Tarentaal hou die verkeer dop by Camp Ndurukoro; Die Rooms-Katolieke Kerk in Andara; Emma Tuneya, Disho Daniel en Regnalda Thinyemba by Magogo (Mama) No. 1, Mayara.
Mark en Charlie Paxton
Die eienaars van Shamvura Camp – sowat 110 km oos van Rundu – is oorspronklik van Suid-Afrika, maar het in 1982 na Namibië getrek. Terwyl ek met Mark gesels, boer honde rondom ons voete, lê ’n hoender eiers op ’n kas in die…