Ná die 2014 WegRy-Bull Run het Sats Oosthuizen, ’n IT-spesialis van Krugersdorp, besluit om eerder nie weer met Sputnik, sy 1980 Toyota Corolla, deel te neem nie. En toe sy pa, wat verlede jaar saam met hom deelgeneem het, onttrek, moes hy ’n ander spanmaat kry.
Maar die geluk was aan Sats se kant. By ’n padbraai voor Sun City se hek het hy ’n ou Bull Run-vriend, Eben Havenga, raakgeloop. Eben se pa kon ook nie vanjaar saamgaan nie, en so is die Gemaskerde Sopbene gebore.
Waar kry julle die Chev?
’n Vriend wat ook ingeskryf is vir die Bull Run, Hannes (Die Seerower) Steyn het ’n Chev El Camino op ’n plot buite Sterkfontein gekoop. Hy het my laat weet daar staan ’n 1975 Chev de Ville ook.…