MOEILIKHEIDSGRAAD: redelik maklik
TYD: 2 dae
JY BENODIG
♥ borduurpatrone hieronder♥ 30 cm wit viskose-linne♥ 70 cm lint♥ 1 string elk DMC-borduurgare in Grys (646), Appelgroen (166), Mediumgroen (3052), Dowwe pienk (3727), Maroen (3721), Ougoud (370), Perske (353), Dieproom (842), Bruin (3860), Goud (422), Rooibruin (632) en Helderpienk (3712)♥ klein borduurraampie♥ merkpen wat verdwyn♥ algemene naaldwerkbenodigdhede
SO MAAK JY
1 Gebruik die selfkante van die strook viskose as eindpunte vir die serp en stik die lint oor die rye gaatjies aan die kante.
2 Kap die lang sykante om en vou en stik ‘n smal soompie. Pars dit.
3 Gebruik jou merkpen om drie rye van vier sirkels elk, elk 5 cm in deursnee, op die eindpunte van die serp te teken.
4 Teken die patrone hieronder op die sirkels.…
