In die leeu se bek
Die Krugerwildtuin het my bederf met ’n paar mooi oomblikke, maar hierdie was die hoogtepunt. Ek het op die S112 suid van die Skukuza-ruskamp gery, en toe ek om ’n draai kom, kom dié trop van voor af aangestap. My hart het omtrent geklop!
Toe hulle almal verby is, het ’n groot mannetjie ook uit die verte aangestap gekom, maar hy was ongelukkig te stadig vir die gesinsportret.
JP VAN ZYL, Brits
Jagluiperds kry tuisonderrig
Op ’n besoek aan Pilanesberg het ek gehoor dat ’n jagluiperdwyfie en haar drie kleintjies die vorige dag ’n vangs gemaak het. Ek het toe in dié omgewing gaan ry. Toe ek die verkeer sien, weet ek iets is aan die gang. En sowaar, Ma was besig om die kleintjies…