‘Ons missie is om sover moontlik elke deel van dier en plant te benut’ Gebruik jy net sekere dele van kosprodukte en gooi die res weg? Met die inspirerende resepteboek Tasty WasteNOTS (Human & Rousseau) wil Sally-Ann Creed en Jason Whitehead ’n nuwe era van kosmaak inlui waar elke kriesel van alle voedselbronne en bestanddele sinvol en smullekker gebruik word – en niks vermors word nie. Die boek bevat resepte vir ontbyt, voorgeregte, soppe en slaaie en hoofgeregte (vir vleiseters en vegetariërs). Daar is ook allerlei versnaperinge, smoothies, pastas, pesto’s, doopsouse en nageregte, asook ’n afdeling oor braai.
“Dit gaan oor die basiese beginsels: om enkelbestanddeelkosse te eet, egte kos, of soos ek daaraan dink, eerlike kos,” verduidelik Sally-Ann, ’n voedingsterapeut, skrywer, spreker en produkontwikkelaar. “Kos wat jou ouma sou…
