“Wat ons tans sien, is ’n definitiewe neiging na kleiner maar langer, reghoekige teëls,” vertel Stephen Morgan van Decobella. “Ofskoon die tradisionele metro-teël steeds gewild is, het die moderne smaller of langer groottes wêreldwyd ’n groot treffer geraak.
“Een gewilde uitleg-ontwerp is byvoorbeeld die vertikale stapelpatroon (ook bekend as ‘KitKat’) en variasies daarvan, wat taamlik verskil van die tradisionele Victoriaanse of plaasstyl. Jy sien dit nou oral.”
As dit kom by kleur of tekstuur, is skakerings van pastelblou, -pienk en -groen teëls met ’n mat, growwer tekstuur gewild.
Dié trend behels egter nog die klassieke groottes, hetsy klein vierkantige of metro-tipe voorbeelde.
KONTAK 021 205 6250, decobella.co.za
VERSKAFFERS EN KONTAKTE Alcolin 0800 222 400, alcolin.com Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za Douglas Jones 086 166 7242, douglasjones.co.za Italtile 0861 555 109, italtile.co.za Juanita Lacock facebook.com/juanita.lacock…
