Plantkeuse
Om te verseker dat ’n gemengde bedding deur al die seisoene mooi is, is dit belangrik dat jy plante kies wat opeenvolgend blom.
In die vroeë lente blom die ligpers feetjieprimulas (Primula malacoides) wat maklik selfsaai, pienk inheemse sandlelies (Veltheimia bracteata), Saxifraga stolonifera, wit kantblomme (Orlaya grandiflora), vilette (Matthiola incana) en muurblomme (Erysimum ‘Bowles’s Mauve’).
Daarna blom die vingerhoedjies (Digitalis purpurea), baardangeliere (Dianthus barbatus), akaleie (Aquilegia vulgaris), Inkalelies (Alstroemeria aurea) en Astrantia.
Namate die somer aanstap, neem die pronkridderspore (Delphinium), tabakblomme (Nicotiana alata), lamsterte (Verbascum), floks (Phlox paniculata), daglelies en dahlias oor.
Laatsomer kom die Michaelmasmadeliefies (Symphyotrichum novi-belgii) en Chinese klokblomme (Platycodon grandiflorus) aan die beurt.
Van die lente tot laatsomer sorg die rose vir ’n skouspel. Hoewel die mistige klimaat hier nie ideaal is vir rose nie, is…