WIE WOON HIER? Roxy en Nick Filmalter en Archie die aanneemhond
WAAR Woodstock, Kaapstad
GROOTTE 134m2
Nadat Roxy Filmalter, ’n hoof-waardin op seiljagte, en haar man, Nick, ’n ekspedisieduiker en onderwater-video- en fotograaf, jare lank ’n swerwersbestaan gevoer het, het hulle besluit Kaapstad is waar hulle wil wortel skiet.
“Ons het in Woodstock begin huis soek, want ons hou van die buurt se ryk geskiedenis en kultuur,” vertel Roxy. Toe hulle by vriende verneem van ’n ruim woonstel op die grondverdieping van ’n klein blok met net vier woonstelle, het sy dadelik belang gestel. Sy het ’n afspraak gemaak om die eiendom te besigtig, maar teen daardie tyd was daar al heelwat belangstellende kopers én verskeie aanbiedings!
Dit het haar egter nie van stryk gebring nie. Met ’n agtergrond in…
