WIE WOON HIER? Illze en Wouter Muller en hulle kinders Annegret (27), ’n doktorale student in wiskundige statistiek op Maties, en die tweeling Anet en Hendrik-Wahl (23), wat Langskuur as gaste-akkommodasie bedryf
WAAR Naby Herbertsdale, Wes-Kaap
GROOTTE 150 m² (skuurgedeelte) en 58 m² (aparte slaap- en badkamer)
Terwyl ’n klompie hoenders tussen die wildeknoffel inskarrel, hou ’n astrante haan, met wie ons paaie in die vroeë oggendure weer sou kruis, ons agterdogtig van agter die pers blommetjies dop. Verder roer hier niks op Illze en Wouter Muller se melkplaas buite Herbertsdale, 42km die binneland in van Mosselbaai af, nie. Die klimaat, landskap en twee sipresse wat slank en simmetries oor die historiese wit skuur waak, fluister Karoo, wat net ’n halfuur se ry anderkant die Langeberg lê.
Wouter is die…