DUURSAME SKOONHEID Waterbestande Vividtex, ’n plaaslik vervaardigde skraapbestande, naatlose plakpapier van Cara Saven Wall Design, is perfek vir badkamers en kombuise aangesien jy dit maar met mening kan skoonvee. Op die foto is die Cara Palms-ontwerp uit die Vintage-reeks. Kyk by carasaven.com.
EKSIEPERFEKSIE
Met sy geweefde rottangmat, ligte houtafwerking en fyn pootjies is die Catalina-bank (150 cm; R4 999, coricraft.co.za) die toonbeeld van aardse elegansie. Sit ’n Sunburst-spieël (76 cm; R2 999) by vir ’n speelse goue kinkel.
Hierdie lieflike kussingoortreksels, bedruk met die mooiste waterverfkuns, is te kry in vier ontwerpe (45 x 45 cm, R65 stuk; roomservicehomeware.co.za). Kies jou gunsteling!
Skrik vir niks
Hertex se Carefree-vinielreeks is nie net mooi nie, dis ook duursaam – die perfekte stoffering vir buitemeubels. Danksy ’n Permablok3-afwerking is Koolhide- (vanaf R1 230/m)…
