KLINK ’N GLASIE
Pongrácz Nectar Rosé Light (R180, pongracz.co.za) is ’n versnit van tradisioneel geurryke pinot noir en elegante chardonnay, maar bevat net 8% alkohol. Dié Cap Classique met sy lieflike kersiebloeiselkleur is kompleks, en spog met ’n sweempie soetigheid en ’n weelderige vonkel.
’n Fees in jou glas
Tovolo Tree & Snowflake Festive Ornament Ice Moulds (stel van 2) R399, yuppiechef.com
Dek die tafel
Coral Swirlservette (stel van vier, 45 x 45 cm) R225, indiaink.co.za
’N BLIKKANTIEN!
Polka, die prettige handelsmerk van Stellenbosch Hills, bied nou ’n reeks wyne van gehalte in gerieflike 250 ml-blikkies aan – maklik om te verkoel, in te pak en weg te doen wanneer dit leeg is.
Die blikkies 2022 Polka Rosé, 2021 Pinotage/ Merlot en 2022 Chenin Blanc/Sauvignon Blanc kos R32,95 elk. Besoek…
