Bief-en-salami-kaasburgers
’n Skeppie soet, tuisgemaakte tamatieblatjang maak dié outjies nog lekkerder!
Genoeg vir 4 • Voorbereiding: 20 minute • Gaarmaaktyd: 8 minute
• 600 g beesmaalvleis
• 100 g salamiskyfies, fyngekap
• 125 ml droë broodkrummels (ons het panko gebruik)
• 60 ml fyngerasperde parmesaankaas
• ’n paar takkies vars origanum, blaartjies gestroop
• 1 eier
• 45 ml grofgemaalde swartpeper (opsioneel)
• olyfolie vir vlakbraai
• 4 skyfies cheddarkaas
• 4 groot sesam- of brioche-rolletjies, gerooster
• mayonnaise, vars tamatieskyfies, blaarslaai, agurkieskyfies en tamatieblatjang (resep regs) om voor te sit
1 Meng die maalvleis, salami, broodkrummels, parmesaan, origanum en eier. Geur die mengsel liggies met sout (onthou, die salami en parmesaan is reeds sout) en vorm dit in 4 ewe groot vleiskoekies net groter as jou broodjies. Rol die…
