Maak 8 pakkies • Voorbereiding: 25 minute (mits die rys reeds gaar is)
• 8 vierkantige nori-velle• 2 koppies soesji-rys, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie• 25ml swart sesamsaadjies• ½ komkommer, in dun skyfies gesny• 8 radyse, dungesny• sowat 100 g gerookte salmstukkies• sowat 80 ml ingelegde gemmerskyfies, fyngekap• shichimi togarashi-speserye (sien kassie) of wasabi• 1 ryp avokado, ontpit, geskil en in dun skyfies gesny• 3 sprietuie, fyngekap• Kewpie-mayonnaise en sojasous vir voorsit
WAT IS SHICHIMI TOGARASHI?
Shichimi togarashi, oftewel Japannese 7-speserymengsel, is ’n lekker branderige geurmiddel wat gewoonlik bestaan uit rooi brandrissiepoeier, Sichuan-peperkorrels, gedroogde lemoenskil, swart en wit sesamsaad, fyn gemmer, papawersaad en nori. Kyk uit daarvoor by jou naaste Oosterse supermark of deli. Dis nie net lekker saam met soesji nie, maar ook oor noedels, in invryfmarinades,…
