WEN!
Een van vier boeke ter waarde van R320 elk, uitgegee deur NB-Uitgewers, kan joune wees.
’n Lugbraaier is nie net bedoel vir klaar bereide kos soos krummelhoender, of tjips maak nie. Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek bevat juis resepte vir tradisionele gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, snoek en patat, selfs melktert. Daar’s inligting oor gaarmaaktye en temperature, wenke vir die gebruik van verskillende handelsmerke en groottes, en ’n rits bykomstighede wat lugbraai groot pret maak. Die skrywer, Louisa Holst, het die afgelope 20 jaar naam gemaak as koskonsultant, resepontwikkelaar en kosredakteur. Die eerste vier lesers wie se korrekte blokraai ons trek, wen ’n eksemplaar van Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek ter waarde van R320.
Stuur die voltooide blokraai en jou kontakbesonderhede voor 20 April 2023 na Tuis-blokraai #166, Posbus 1802, Kaapstad 8000,…