RAAD E-pos jou vrae na troeteldiere@tuis.co.za.
Almal diewe, hartediewe...
Kom ons neem ’n selfie
Loki en Orion weet presies hoe dit werk.
– Roshan Patel, Claremont
A! Pizza!
Charlie is vasbeslote om sy deel te kry.
– Christine van Deventer, Robertson
Ou grootbek
Wolf, ’n Biro-terriër, is meer blaf as byt.
– Jasmyn Krynauw, Hartbeespoort
Geduld, o geduld…
Fluffy tel die sekondes voor etenstyd af.
– Sophia Fourie, Ramsgate, KwaZulu-Natal
Hier gaan ons
Die berge roep vir Catia en Feliz.
– Carla Bekker, De Rust
Laventelhaan!
Charlie is die ene sjarme sodra hy die kamera sien. – Anje van Zyl, Vrede, Vrystaat
Warm kopie
Ons is beïndruk met die troeteldierversorgingsprodukte van Pride + Groom, nou in Suid-Afrika te kry, uitsluitlik by Kreature Comforts (kreaturecomforts.co.za). Die ten volle natuurlike reeks sjampoes…
