E-pos jou opknap na kenners@tuis.co.za.
KATEGORIE: SELF GEDOEN
WIE WOON HIER? Laurell Pelser, haar lewensmaat, Mark Neufeld, haar seun Jaiden en hul honde Blu, Shep en Diesel WAAR George, Wes-KaapGROOTTE 245 m²
Laurell Pelser en haar lewensmaat, Mark Neufeld, het jare lank heel gelukkig op Hoekwil, ’n afgeleë dorpie land-in van Wildernis op die Tuinroete, gebly. Maar toe dit tyd word dat Laurell se seun hoërskool toe moet gaan, het sy onthou hoe lank dit elke dag geneem het om met haar dogter na en van die hoërskool op George te ry. “Dit het na ’n goeie idee begin lyk om liewer soontoe te trek,” vertel Laurell. “Mark wou eers nie daarvan hoor nie. Hy hou meer van die plaaslewe en dit het tyd gekos om hom te oortuig dat…
