WIE WOON HIER? Caren en Dave Mills, en hul kinders Michaela (24), Courtney (22), James (21), Sarah (19) en Josh (14)
WAAR Die plaas Witkrans, sowat 70 km van Beaufort-Wes in die Karoo
GROOTTE 301 m2 (wat bestaan uit die 130 m2-kothuis, 36 m2-stapelbedslaapkamer, 45 m2-solderkamer, 45 m2-motorhuis en 45 m2-stoep)
“Bzzz-bzzz-bzzz,” vibreer my selfoon net betyds voor ek en die fotograaf, Greg, ontvangs verloor buite Beaufort-Wes, waar 70 km sopnat grondpad voorlê. Ons is op pad na Caren en Dave Mills se afgeleë Karoo-wildplaas, en hulle WhatsApp waarsku ons: “Kort voor Dejagerspas is daar twee slote met diep water; ry aan die regterkant van die pad deur die eerste een, en hou heel links vir die tweede een.”
Dis geen verrassing dat die egpaar dié ongenaakbare pad so te…