LESERHUIS WIE WOON HIER? Chloe Buckland, haar man, Roland Williams en hul dogter Zara (9)
WAAR Oranjezicht, Kaapstad
GROOTTE 650 m²
Om in ’n huis met soveel familiegeskiedenis te woon bied aan Chloe Buckland, haar man, Roland, en hul dogter, Zara, ’n stewige fondament vir hul bedrywige lewens – Chloe werk in die modekleinhandel en Roland in die fietsbedryf. Hul band met hierdie Victoriaanse dubbelverdieping in Oranjezicht, Kaapstad, strek oor jare, aangesien die huis eers aan Chloe se ouers, Jane en Aidie, behoort het.
Hoewel Chloe 20 jaar oud was en reeds haar vlerke gesprei het toe die ouer Bucklands die eiendom gekoop het, het sy en Roland gereeld hier gekuier terwyl hulle uitgegaan het en later ook as getroude paartjie. Jane, ’n entoesiastiese versamelaar en ewig kreatiewe siel, was…
