LESERHUIS WIE WOON HIER?Donné Putter en haar dogters, Eva (10) en Ingrid (6), asook hulle aanneemhond Trix, ’n Jack Russell-steekhaarterriër WAAR Walmer, GqeberhaGROOTTE 105 m²
In 2019 het die argitek Donné Putter en haar ouers begin uitkyk vir ’n woonplek wat drie generasies kan deel. ’n Landelike Tuinroete-eiendom met twee wonings was op hulle wenslys, maar toe die Covid-19-grendeltyd aanbreek, het hulle gou besef dat Donné se ouerhuis reeds aan al hulle vereistes voldoen.
“Toe die epidemie in 2020 toeslaan, is ek en my gesin van Kaapstad na Gqeberha, waar ons die volgende paar weke in my ouers se 100 jaar oue Walmer-huis sou deurbring. Ons het saam aangesit vir etes, ek het die kinders tuis onderrig en van die huis af gewerk,” onthou Donné. “Dit was in hierdie onseker…
