bereidingstyd 30 minute
genoeg vir 2
vlak maklik
BESTANDDELE
500 g beesmaalvleis½ k (125 ml) gerasperde parmesaan½ k (125 ml) panko-broodkrummels½ t (2,5 ml) vinkelsaad, fyngedruk’n knypie gedroogde tiemie1 eier, liggies geklits1 knoffelhuisie, fyngedruk⅓ k (80 ml) arrabbiata-pastasous75 g mozzarella, dungesny½ mediumgroot murgpampoentjie, gesny6 dun aspersies, in die lengte en dwarste deurgesny100 g bruin sampioene, dungesny75 g chorizo, dungesny¼ k (60 ml) vars basilie
METODE
1 Voorverhit ’n 6,2-liter-/1,2 kg-lugbraaier vir 3 minute tot 200 °C.
2 Meng die vleis, parmesaan, broodkrummels, vinkel, tiemie, eier en knoffel in ’n bak; geur na smaak.
3 Sny bakpapier in ’n sirkel van 22cm en druk die maalvleis plat daarop in ’n sirkel van 18cm.
4 Trek die pan en mandjie versigtig uit die lugbraaier; laat sak die pizzabasis op die papier in…
