PASMAATS IN JOU ROOSTUIN
Kies die regte plante saam met jou rose in hul bedding om dit heeljaar mooi te laat lyk! So kan jy verhinder dat jou roostuin in die winter net ’n klomp kaal, kortgesnoeide takke is. Plant kruie en blomme soos agapante, salies, irisse, asters, lelies, laventel, vinkel, vingerhoedjies, klokblomme, koringblomme, vilette, tabakblomme en malvas tussen jou rose. Selfs struike en klimplante soos Clematis, Weigela, Abelia en Engelse kanferfoelie lyk mooi in jou roostuin.
In Jessie Walton se tuin deel haar rose ’n bedding met kleurvolle metgeselle. “Dis maklik om ’n roosbedding nog mooier te maak met die regte pasmaats,” sê Jessie, eienaar van die Keurbos-kwekery op Grabouw. “In my meer formele bedding met plukrose plant ek pasmaats wat ’n lewende grondbedekker vorm en nie so hoog…