KATEGORIE: O, SO MOOI
WIE WOON HIER? Dieter en Ronel Grundlingh, hul kinders, Divan (22), Christiaan (18) en Marelie (15), en die honde Pepsi en Ace
WAAR Lyttleton Manor, Gauteng
GROOTTE 44 m²
“Gewoonte-opknappers” sou nogal ’n gepaste manier wees om Dieter en Ronel Grundlingh te beskryf. Want in die 15 jaar sedert hulle hier ingetrek het, het hulle ’n hoofslaapkamer en suite en nog ’n slaapkamer aangebou, ’n oopplan-kombuis/eet/leefvertrek geskep, sitplek buite bygevoeg en ’n tuinwoonstel vir Ronel se ma gebou.
“Een van die redes hoekom ons hierdie eiendom gekoop het, was die baie ruimte vir aanbou,” onthou Ronel, ’n tuisbly-ma. “Vir my was die groot, onberispelik versorgde tuin met ’n groot avokadoboom die trekpleister,” sê Dieter, eienaar van ’n bandewinkel.
Met ’n groter wordende gesin moes bogenoemde vernuwings voorrang…
