WIE WOON HIER? Antionette en Pieter Joubert, en hul dogter, Mienke (20) WAAR Hartbeespoort, Noordwes
Ná langer as ’n jaar in hul huurhuis naby die Hartbeespoortdam was sy steeds moedeloos oor haar en haar man, Pieter, se slaapkamer, vertel Antionette Joubert.
“Dis ’n groot vertrek en alles was spierwit: die mure, die dak en die hortjies. Maak nie saak hoe hard ek probeer het nie, ek kon dit nooit knus en gesellig laat voel nie,” vertel sy.
Maar hoe lui die gesegde? Eendag op ’n reëndag…
Buite was die weer triestig en onplesierig toe Antionette, ’n tuisteskepper, een middag op die bank lê en TV kyk het. Dis toe dat sy die advertensie van Tjhoko Paint sien waarin kykers genooi word om ’n vertrek in te skryf vir ’n towerkwasprojek…
