Daar is iets aan ’n tuiskoms. So eksoties en plesierig soos ’n vakansie kan wees, hetsy ’n verre bestemming of jou gunsteling-Karoo- of seedorpie in ons eie mooi land, huis bly huis, en as mens eers die tasse uitgepak het en dinge is op hul plek … Wel, soos die gesegde lui: oos, wes, tuis bes. Ek was oor Desember ’n maand lank op reis in die wonderlike warboel van Indië: heerlike kerrie vir ontbyt, middag- en aandete, en geen tekort aan klank, kleur en tekstuur nie. Dis ’n oorweldigende, verkwiklike belewenis.
Maar dis lekker om weer by die huis te wees. My eie bed, my eie linne, my eie goeters. (En die honde by my voete …)
Om ’n maand lank nie te dink aan kosmaak nie, is natuurlik…
