Stuur tuininligting en -vrae na tuine@tuis.co.za
Vertikale tuinmaak gaan oor plante wat af- of opgroei – teen heinings, mure, balkonrelings, terrasplantbakke, vertikale plantbakke of herwinde geute. Daar is voordele ook, want omdat lugsirkulasie om die blare beter is, is daar minder swamsiektes en dis makliker om die plant water te gee sonder dat die blare nat word. Omdat vrugte nie op die grond lê nie, keer dit ook dat dit vrot.
VIR TRALIES, HEININGS, OBELISKE, EN DRIEHOEK-RANKSTAANDERS
Kweek groente wat geneig is om teen stutte op te rank. Voorbeelde hiervan is rankboontjies, tuinertjies, suikerertjies, komkommers, skorsies en botterskorsie. Ranktamaties klou nie vanself nie, maar kan wel aan tralies of pale vasgebind word waarteen hulle dan sal oprank.
Probeer dié variëteite Rankboontjies ‘White Emergo’, rank-ertjies ‘Sugar Snap’, komkommer ‘Sweet Burpless’, skorsie…
