WIE WOON HIER? Lizl en Jako Kruger met hulle seuns, Jakobus (18), Nicolaas (16) en Ignatius (11), asook die honde, Albert, Finn, Jasper en TimWAAR? Paarl, Wes-KaapGROOTTE 500 m²
'My huis is ’n hele kreatiewe proses en my dekor is glad nie staties nie,” vertel Lizl, ’n tuisteskepper wat kleure en patrone na hartelus en intuïtief op die mees onverwagse maniere meng. Hoewel sy die enigste vrou in die huishouding van vyf is, is haar liefde vir kuns en blommotiewe oral te sien.
“Nee wat, my kinders is gewoond daaraan en waardeer self mooi dekor,” vat sy my vas toe ek vra of haar mooi installasies dan nie deurloop met drie seuns nie.
Van oop oppervlakke is hier nie juis sprake nie; dit laat immers dié maksimalis se kreatiewe hande…