Stuur tuininligting en -vrae na tuine@tuis.co.za.
RY JY MET JAN TUISBLY SE KARRETJIE?
As jy tuisbly vir die vakansie, maak seker jou tuin is gereed om uit te hang vir al die feestelikhede:
KITSKLEUR Gee gevestigde beddings ’n kitshupstoot met blommende plante in potte wat jy by die kwekery kan aanskaf. Vir skadubeddings is daar begonia, fuchsia, krismisrose en Impatiens, en vir sonnige plekke kan jy Celosia, Gazania, Pelargonium, petunias, afrikanertjies, rooi salie (Salvia splendens), gousblomme en jakobregoppe kies.
GEE HOOGTE Sit ’n paar hangmandjies met gemengde helderkleurige blomme op by patio’s en priële. Onthou, hulle moet gereeld natgemaak word in die somer omdat hulle gou uitdroog.
MAAK KRANSE Maak ’n krans wat lank hou van Echeverias en ander vetplante. Hulle is beskikbaar in verskillende kleure en teksture wat ’n…