SJOKOLADEKAASKOEK
Gebruik melk- of donkersjokolade vir dié indrukwekkende, ryk kaaskoek. Onthou net hoe soeter die sjokolade, hoe soeter die koek. Sit dit voor in dun skyfies.
Genoeg vir 1 x 30 cm-kaaskoekVoorbereiding: 20 minute, plus 1 uur in die yskas
• 3 x 180 g-pakkies Oreo-koekies VULSEL
• 3 x 210 g-houertjies mediumvetroomkaas• 125 ml versiersuiker, gesif• 30 ml kakao, gesif• 5 ml vanieljegeursel• 2 plakke (80 g elk) sjokolade, gesmelt • 250 ml room, geklits tot styf GARNERING
• 1 plak (80 g) donkersjokolade• ’n paar ekstra koekies, gekrummel 1 Berei die vulsel deur die roomkaas, suiker, kakao, vanielje en sjokolade saam te klits tot net glad. Vou of klits laaste die room by tot net gemeng.
2 As jy ’n 30 cm-koekpan het, kan jy die kaaskoek daarin…
