WIE WOON HIER? Hein en Mareli Knacke en sy dogters, Mila (17) en Bella (15), haar dogters, Emma (12) en Bea (11) van Biljon, en hul twee honde, Waffles en LillyWAAR Wapadrand, Pretoria GROOTTE 380 m² In ’n huis met vier tienerdogters is genoeg ruimte ’n broodnodige vereiste. As almal boonop hoogs kreatief is en graag maats oornooi, is ’n holte vir elke voet soveel te meer ’n moet.
Gelukkig is die pa van dié huis, Hein, wat in die boubedryf is, ’n meester met ruimte en het hy die gesin se huis sonder enige seremonie in ’n lekkerleef-huis omskep – nie net vir die vyf vroue in sy lewe nie, maar ook vir homself.
“Die huis leef nou net so lekker soos hy,” skerts sy vrou, Mareli, eienaar van…