WIE WOON HIER? Wilf en Sharon Walker, en hul kat, NoddyWAAR Spitskop, BloemfonteinGROOTTE VAN EIENDOM 2,1 ha (tuin: 2 000 m²)OUDERDOM VAN TUIN 25 jaarGRONDTIPE Rooi sandgrond
"My tuin het nog altyd my siel gevoed en my laat glimlag, ongeag watter vorm dit die afgelope 25 jaar aangeneem het,” vertel die landskapontwerper Sharon Walker. En voorwaar, die Walkers se tuin het oor die jare al verskeie veranderings ondergaan.
Toe hulle hier op die kleinhoewe ingetrek het, was dit geensins die apploustrekker wat dit vandag is nie. “Die tuin het destyds grootliks bestaan uit ’n kikoejoegrasperk, verskillende vrugtebome hier en daar en enkele gevestigde bome, meestal witstinkhout,” onthou Sharon. “En dit was omtrent al.”
Een geluk was dat die tuin taamlik gelyk was, maar die grootste bates op die eiendom in…
