WIE WOON HIER Marian van Wyk, Louis Botma en hulle katte, Nebukatneser en SputnikWAAR Poortjies, PlettenbergbaaiGROOTTE 330 m²
Op die sypaadjie was sy klaar smoorverlief op die huis. “Ek het lank net na die gewelfde dak gestaar, wat my aan die ikoniese argitek Gawie Fagan se woonhuis, Die Es, herinner het. Die pienk stoepdeur het die laaste bietjie grond onder my voete uitgeslaan,” vertel Marian. Die ingeboude banke in die leefvertrek het haar en haar man, Louis, finaal oorreed dat hierdie huis ’n drastiese leefstylverandering sou regverdig.
Ná meer as twee dekades was Marian, kreatiewe redakteur van Tuis, en Louis, wat onlangs afgetree het, gereed om hulle Seepunt-woonstel vir dié huis op Plettenbergbaai te verruil.
Marian is ’n avontuurlike seeswemmer. “Ek wou meer in die natuur swem en boonop het…
