20 jaar van smulkos
Tashas is 20 jaar oud, en vier die winter met hul klassieke spyskaart, wat by al 15 Tashasrestaurante in Suid-Afrika beskikbaar is – soos altyd, pure gehalte en varsheid. Die B.L.T Sarmie, Spanakopita Scramble, Butternut Sage Pasta en Waldorf Salad is net ’n paar van die hoogtepunte. Kyk by tashasgroup.com waar jou naaste tak is.
’N WINTERWENNER
The Good Stuff deur Karl Tessendorf (R420, Penguin Random House) vier die toorkuns van trooskos en bied 80 stewige resepte vir mense wat lief is vir eet, drink en vrolik wees. Die verskeidenheid liplekker pastas, soppe, vleisgeregte, pasteie en gebak sal jou lus maak om ’n feesmaal te berei vir jou familie en vriende.
VAN VUUR TOT VURK
Mill St Bistro in Stellenbosch, die nuut gekroonde Bistro van die…
