WIE WOON HIER? Johann en Gera de Wet en hul kinders, Daniël en Lilya, en ’n string troeteldiereWAAR De Wetshofwynlandgoed, RobertsonGROOTTE VAN TUIN Amper ’n halwe hektaarGRONDTIPE KleigrondOUDERDOM VAN HUIDIGE TUIN 8 jaar
‘‘Die tuin was so oorgroei toe ons in 2017 hier ingetrek het, ’n mens kon glad nie die wingerd wat dit omraam, sien nie,” vertel Gera de Wet, wat intussen die groot plaastuin hier op Robertson waar sy en haar gesin woon, in haar droomtuin omskep het.
“Ouma Dolla de Wet het in die 1950’s die tuin begin. Sy het bome geplant, ’n groot roostuin gehad, krismisrose van steggies gekweek ... Haar pronkridderspore het tot 2 m hoog gestaan!”
Maar, sê Gera, haar skoonouers, Danie en Lesca, het min tyd vir tuinmaak gehad in die 30 jaar…