Tamaties VOORGEREGTE Gazpacho-sopies
Dié koue tamatiesop smaak na suiwer somer en kan voorgesit word as verwelkomingsdrankie (met of sonder ’n knertsie tequila)!
Genoeg vir 1 literVoorbereiding: 20 minute plus marineertyd oornag
1 klein rooi ui, fyngekap 45 ml rooiwynasyn ’n bossie vars basilie of koljander, stingels en blare apart 6 groot pruimtamaties, in blokkies gesny 1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny 1 knoffeltoontjie, gekap (opsioneel) 1 klein komkommer, geskil, pitte uitgesny en in blokkies gesny 30 ml olyfolie, plus ekstra vir garnering 10 ml ligbruin suiker 1 Meng die gekapte ui met die asyn en laat staan vir ’n paar minute terwyl jy die res van die bestanddele bymekaarkry. Dit temper die rou smaak.
2 Kap die kruiestingels en meng saam met die tamatie, soetrissie, knoffel, komkommer en olyfolie…
