DIE EIENAARS Irna van Zyl en Bridget McCarney, hulle hond, Billie, en kat, CharlieWAAR Pearly Beach, OverbergGROOTTE 320 m²
“Wanneer ’n mens by die huis instap, is dit asof iets van jou skouers afval en die tyd net tot stilstand kom,” sê Irna van Zyl oor die strandhuis waar sy en haar lewensmaat, Bridget McCarney, vakansietye hulle batterye kom herlaai.
Maar hierdie is ’n storie van ’n tweede kans. Want Irna, ’n afgetrede media-entrepreneur en die skrywer van vyf (binnekort ses!) misdaadromans, en Bridget, ’n geïntegreerde lewensafrigter, het nie altyd besef hoe diep in hulle harte Pearly Beach wortelgeskiet het nie.
Twee jaar nadat hulle in 2018 ’n huis laat bou het op Hermanus (minder as 70 km van Pearly Beach af), het die twee gesoute reisigers en bosliefhebbers hul…
