GEIL OORDEK
Hierdie groen oase onder ’n wingerd by KP en Petro Steenkamp se huis op Middelburg, Mpumalanga is perfek vir samesyn, ongeag die seisoen.
“In die somer skep die bosdruif (Rhoicissus tomentosa) ’n welige onthaalarea,” sê Petro. “Jy kan nie glo hoe vinnig dit groei nie. Dit bedek die prieel binne een seisoen.” In die herfs verkleur die blare na skakerings van geel en helderrooi, en in die winter, wanneer al die blare af is, is die gefiltreerde sonlig ’n vreugde. “Ons het ook ’n bloureën (Wisteria sinensis) en sterjasmyn (Trachelospermum jasminoides), albei stadige groeiers, geplant vir hul lieflike geur en blommeprag,” voeg sy by.
Die sementtafel was ’n sakpasprojek van KP terwyl die prieel, ontwerp deur ’n plaaslike metaalsmid, gebou is van gewone ronde staal wat dik genoeg…
