WIE WOON HIER? Klara en Daemon McClunan, en hul kinders, Lake (4), India Rose (amper 2) en Grey (3 maande)
GROOTTE 428 m²
Ofskoon ’n gedempte, neutrale voorkoms nie juis as jou tipiese keuse vir ’n jong gesin met drie kleingoed onder vyf beskou word nie, is die McClunans se huis presies wat hulle nog altyd wou hê.
“Dis die eenvoud van wit wat ons aangetrek het. Dit skep ’n vredige, ordelike atmosfeer,” sê Klara. “Wat die kinders betref – laat ons maar sê Scotchgard, en koeksoda en asyn is onontbeerlik in my skoonmaak-arsenaal! Ons het geleer dat wit, saam met die nodige produkte en onderhoud, verbasend goed kan werk in ’n gesinshuis.”
Toe die McClunans die eiendom in 2022 gekoop het, was die vernaamste trekpleisters die welige groenigheid en…
