‘Marnitz is maar niks!” skerts Anél Malan nadat sy my verwelkom op dié Bosveldplekkie. Jare gelede, toe sy nog in Pretoria gebly en by Eskom gewerk het, was sy een slag hier vir werk. “Ek het gedink: ‘Wie is so stupid om hier te wil bly?’” vertel sy en lag weer. “Min wetend dat die liefde my eendag hierheen sou lei.” Haar man, Henk, het hier naby, op die ewe klein Tolwe, grootgeword, en deesdae woon hulle en hulle kinders, Tersmari (16) en Stefanus (14), op die plaas Kildare buite Marnitz. Ek het gisteraand in een van die kothuise op hulle plaas geslaap.
Hulle plaaswerf kort net drie diere vir ’n vol ark. Hondgewys is hier Trixie, Tokkelos, Katryn en Karnuffel. Varkgewys Peaches en Frieda. Dan is daar ’n paar…