Die Waenhuis, Coligny, Noordwes
Coligny se hoofstraat is Voortrekkerstraat. En daar waar Voortrekkerstraat ’n 90 °-draai maak, sal jy die Noordwes-koöperasie (NWK) sien. (Die een kant van die NWK is eintlik aan Eeufeesstraat.) Oorkant die NWK staan ’n gebou langs ’n windpomp wat nie regtig werk nie, maar wel jou aandag sal trek.
Dié geboutjie is Christa O’Callaghan se eetplek, Die Waenhuis. “Ek maak maar eenvoudige boerekos,” vertel Christa my terwyl ek ’n perfekte koeksister (nét hard genoeg buite-om, nét sag genoeg binne...) wegpak saam met my swart koffie, voorgesit in ’n blikbeker. Die plaastema is sterk by Die Waenhuis – agter die toonbank is selfs ’n plaashek teen die muur gemonteer!
Terwyl ons gesels, kom ’n paar van Christa se gereelde klante inloer om kos op te tel. “Veral…