Sedert die oorspronklike Suzuki Vitara in 1988 die baan gebreek het as die eerste kompakte sportnutsvoertuig, was Suzuki aan die voorpunt van klein, kompakte veldryers.
Op die oog af
Ja, Suzuki sal volhou dat die nuwe Vitara se voorkoms en lyne gedeel word met die oorspronklike Vitara. Maar daar is tog ’n ooreenkoms tussen die Vitara en iets soos die Discovery Sport.
Dit is glad nie ’n groot voertuig nie, en dit is duidelik waarom Suzuki hom in dieselfde klas as die Ford EcoSport, Nissan Juke, Renault Captur en Citroën Cactus bemark.
Binnelangs
Die gewone goed soos snelheidsbeheer, lugversorging, elektriese vensters en kantspieëltjies en satellietkontroles op die stuurwiel is daar, hoewel sommige daarvan opsioneel op sekere modelle is.
Die drie spesifikasievlakke is die GL, GL+ en GLX. Die maklikste manier…