PARKE BY DIE DOSYNE
WILDLIFE: SOUTHERN AFRICA NATIONAL PARKS AND RESERVES
Saamgestel deur MapStudio UITGEWER: MAPSTUDIO PRYS: R250
As jy lief is vir Suider-Afrika se parke, hoort hierdie gids ’n plek op jou boekrak te kry. Dit dek al die nasionale parke en natuurreservate in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en Lesotho – ’n hele 300 van hulle!
Jy kry omvattende inligting oor byvoorbeeld ’n park se grootte, die soort plantegroei en diere wat jy daar kan verwag, kampgeriewe en verblyfinligting, kontakbesonderhede en belangrike GPS-koördinate. Die kaarte dui ook aan waar die naaste dorp en lughawe is, asook hoe laat die hekke oop- en toemaak. Waar die gids kleinwild- en voëlreserwes dek, is die kaarte weliswaar net so groot soos twee vuurhoutjieboksies, maar dit gee jou steeds genoeg inligting om…
