My pa het in 2003 ’n rooi 2001-model 3.2 DID Pajero gekoop. Ons het ongeveer 50 000 km deur Botswana, Namibië, Angola, Zambië, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe met hom gery, meestal grondpad, klippe en sand – en ek in daardie stadium nog net as ’n passasier!
Ons moes al die aansitter, ontwikkelaar en voorwiellaers vervang. Die koppelaarplaat is op 350 000 km eers vervang (teen ’n aardige bedrag!), maar die enjin, ratkas en ewenaars hou nog. Behalwe dat my pa die onderstel met 50 mm gelig het, is die Pajero nog heeltemal standaard soos toe hy die dag uit die fabriek gekom het.
Toe my pa in 2014 weer vir hom ’n 3.2l DIDC Pajero koop (’n witte!), het ek die rooie – op 370 000 km – by hom…