DÍS WAT JY KAN VERWAG
Het jy al gewonder hoe dit moet voel om diep in die bos se geilgroen ondeurdringbaarheid te wees? Die wêreld van Dalene Matthee se stories, reuse geelhoutbome en geil mosse, varings en houtkappers? Wel, jy kan. Sanparke het Bhejane 4x4 Adventures die eksklusiewe reg gegee om begeleide dagtoere deur die besonderse boswêreld aan te bied.
Op dié daguitstappie kan jy enorme geelhout- en stinkhoutbome, varings, ligene, mosse, blouduikers, bosbokke en loeries met jou eie oë sien. En wie weet, miskien selfs ’n Knysna-olifant ...
Maar dis nie net ’n ry-en-kyk-toer hierdie nie. Jy sal ook leer van die Bos se eiesoortige fauna en flora, die ontberings van Italiaanse nedersetters en houtkappers, en ook van verlore reisigers.
Ons kry mekaar by die Sasol-vulstasie in Harkerville, langs…