PLANNE VIR AFRIKA
4X4 TRAVEL GUIDE: EASTERN AFRICA
DEUR MAUREEN DAY UITGEWER: PENGUIN/RANDOM HOUSE
PRYS: R230
Zambië, Malawi, Tanzanië, Uganda, Kenia en Etiopië. Hierdie reisgids dek álmal van hulle.
Dis ’n uitstekende hulpbron vir 4x4-reisigers wat ’n toer na hierdie lande beplan, want dié gids is gegrond op eerstehandse ondervinding in elkeen van hulle. Trouens, die skrywer Maureen Day is in Zambië gebore en sy en haar man reis kranig in Afrika.
Die boek begin met waardevolle inligting en raad oor jou reisprogram, wat om saam te neem en wat om te los, padtoestande en waar jy brandstof behoort te kry. Let wel: Ek skryf “behoort” en nie “kan” nie, want hierdie is die minder bekende dele van die vasteland en dinge, wel, verander.
Jy sal ook kan oplees oor…
