OP DIE ROETE
Hoe lank is die roetes?
Kleine Zoute tot by Sandput: 4,1 km, 30 min, Graad 3
Jakkalsdraai: 2,9 km, 20 min, Graad 3
Donkergat: 8,2 km, 1,5 uur, Graad 3
Fi-oulaas-ompad: 2,1 km, 15 min, Graad 3
Hoe lank sal ek ry? 20,5 km (sowat 3 uur) in totaal
Maksimum getal voertuie? 50
Kry ek ’n kaart? Ja
Sal my voertuig gekrap word? Nee
Kan ek halfpad omdraai? Al die roetes is sirkelroetes. Dit word dus nie aanbeveel nie.
Kan ek langs die pad braai? Ja
Is daar ablusiegeriewe vir dagbesoekers? Ja
Moet ek my treeplanke afhaal? Nee
Moet ek ’n kompressor saamneem? Daar is een by die terrein.
Sal ek wild sien? Daar is baie voëls, en ook sebras, steenbokke, duikers, rooikatte, bakoorjakkalse, krimpvarkies, skilpaaie en…