Renault se 1,5 liter-turbodieselenjin is een van dié maatskappy se suksesstories. Hy’s nie die sterkste of die vinnigste nie, maar met ’n goeie balans tussen krag en brandstofverbruik is dit Renault se topverkoper en tans een van die gewildste enjins ter wêreld. Die 1.5dCi, soos hy bekendstaan, doen diens in die Renault Scenic, Laguna, Duster en Kadjar, asook in die Nissan MP200, Qashqai, en, les bes, Mercedes se A180. Trouens, Renault het al meer as ’n miljoen van hulle vervaardig en een uit elke 85 voertuie wat wêreldwyd verkoop word, het een van dié enjins onder die enjinkap, sê Jeff Allison, Renault se produkbestuurder.
Dit was dus net ’n kwessie van tyd voor Renault die dCi-enjin in hulle Captur-model sit.
In 'n neutedop
Die Captur is nog een van die…
