JOHN ROOTH, in Australië beter bekend as “Roothy”, is al dekades lank in die 4x4-bedryf betrokke. Op sy bos-CV sal jy goed kry soos toergids, werktuigkundige, prospekteerder, joernalis, redakteur en uitgewer vir ’n paar van sy land se vooraanstaande 4x4-publikasies. Roothy en sy ewe ikoniese Toyota 40-reeks, genaamd Milo, het bekendheid verwerf met ’n DVD-reeks oor veldry, Roothy’s Low Range. Hy het ook al sy eie bos-kookboeke uitgegee, lewer gereeld praatjies by handelsuitstallings en is ’n ambassadeur vir die buitelugleefstyl vir die drukgroep Unlock Australia. Ons het ’n onderhoud met hom gevoer om te hoor wat sy ratte laat draai.
Q Jy was al vantevore in Suid-Afrika, maar hierdie was jou eerste keer in die Kalahari. Hoe was dit?
Die dele wat ek gesien het, het my baie aan die…
