SAMARITANE BY NISSAN OP UPINGTON
Ons was in Augustus Weskus toe met ons Nissan Navara, en met ons aankoms by Oranjerus in Upington het ons ’n nare skuurgeluid by die waaierband gehoor.
Ons het besef ons sal nie verder kan ry nie, en het maar die Sondagoggend stadig teruggery Upington toe.
Ons het by Oranje Nissan stilgehou, en was nog op soek na ’n noodnommer toe Bertie Lubbe, die hoof van die handelaar, toevallig daar stilhou.
Minute later was Sarel Vorster, werkswinkelbestuurder, Frans Groenewald, die onderdelebestuurder, en Nelius Boshoff, die werktuigkundige, ook daar.
Hierdie manne het regtig voor die kerk se deur omgedraai om ons te kom help!
Dit was die lugversorger se kompressor wat opgepak het, en dis natuurlik nie iets wat ’n handelaar op die rak aanhou nie.…