Ek, my familie en ons vriende is gereeld op soek na kort wegbreekplekke wat ons vir ’n naweek met ons 4x4’s kan verken. Want as ’n mens nog nie gelukkig genoeg is om jouself ’n pensioenaris te kan noem nie, is verlof mos ’n skaars ding.
Só het ons onlangs besluit om die omgewing rondom Barberton in Mpumalanga te gaan bekyk. Die groepie wat hierdie ontdekkingstog aangepak het, het bestaan uit ek en my vrou, Glynnis, en ons seuns, Andrew (15), Shaun (11) en Eckard (10) in ons Fortuner 4x4-diesel-handrat; Annas Botha (die TJM 4x4-koning van Middelburg) en sy vrou, Rinalda, met hulle kinders, Ri-Ann (15) en Annas Junior (14), in hulle Amarok 4x4-diesel-handrat; asook Chrisjan, my seun, in sy Defender 110 saam met sy vriende, Stefan Henriet en Natalie…
