Die eerste cowboy-flieks wat ek kan onthou, was nie wat die kenners as “regte westerns” beskou het nie, eerder “spaghetti westerns”. Dit was ’n neerhalende verwysing na flieks met Amerikaanse akteurs, maar met Europese geld en regisseurs. Van die bekendste spaghetti westerns was die Dollar-trio A Fistful of Dollars, For a Few Dollars More en The Good, the Bad and the Ugly. Die hoofrol is vertolk deur ’n jong, opkomende akteur met die naam Clint Eastwood en die kenwysie van The Good, the Bad and the Ugly, wat deur Ennio Morricone gekomponeer is, is vandag waarskynlik net so bekend soos die fliek.
Oukei goed, maar wat het dit met die prys van eiers – of veldry – te doen? Normaalweg nie veel nie, behalwe dat ek onlangs in Amerika met…